Nuwe sig vir straatsmous

BLAIRGOWRIE – Duisende Suid-Afrikaners kan nie bekostig om ‘n broodnodige katarakoperasie te ondergaan nie.

Maar soms gryp weldoeners in om seker te maak dat hulle die gawe van sig terugkry.

‘n Smous wat haar breiwerk op die strate van Blairgowrie in Johannesburg verkoop, het by só ’n operasie gebaat.

Dít danksy die nieregeringsorganisasie, “Right to Sight”, en die Johannesburgse Ooghospitaal.

Source: eNuus